Description
Uitgewer: JP van der Walt
Datum: Eerste druk 1981
Toestand: hardeband met mooi stofomslag, x bibboek in redelike toestand met stempels, die omslag se hoeke toon verweer waar kleeflint afgetrek is
Stofomslag: Annette Stork
Original price was: R90.00.R75.00Current price is: R75.00.
Nienkie was die enigste kind totdat sy elf was – maar toe het Braampie gekom…
Sy het voorheen alles gekry wat haar hart begeer het, maar nou moes sy haar ouers se liefde en aandag met haar boetie deel.
Braampie het siek geword en hulle kon nie meer gedurende die Desembervakansie strand toe gaan nie…
“Verstaan tog Nienkie, ” het haar ma gepleit, Braampie het ons nou baie nodig, ons is al wat hy het . Jy is mos al ‘n groot nooi van twaalf. Dink aan jou boetie wat ure lank sonder ons in die groot hospitaalbed sal lê en moontlik baie pyn verduur.”
Maar Nienkie was lus om te skreeu en sal nooit nooit verstaan nie…
Braampie is hospitaal toe en haar ouers sou in ‘n hotel tuisgaan om naby aan hom te wees. Hulle het gereël dat sy na oom Braam en tant Ela toe sou gaan op Bosbokrant.
Sy was bitter ontevrede. Maar op Bosbokrant het sy geleer om ‘n beter Nienkie te wees, ‘n Nienkie wat eindelik verstaan het…
Nienkie verstaan is die hartroerende verhaal van elke Nienkie wat sukkel om te verstaan waarom die nuwe boetie of sussie soveel aandag kry…
Out of stock
Uitgewer: JP van der Walt
Datum: Eerste druk 1981
Toestand: hardeband met mooi stofomslag, x bibboek in redelike toestand met stempels, die omslag se hoeke toon verweer waar kleeflint afgetrek is
Stofomslag: Annette Stork