Description
Uitgegee deur Afrikaanse Pers-Boekhandel
Derde druk 1964
Hardeband sonder stofomslag,, biblioteekstempel en plakkers agter in boek, blaaie nog netjies.bladsye is vergeel
R90.00
Die wat al met Poens kennis gemaak het – die Poens wat as klein seuntjie by sy tant Patta en tant Tatta-hulle op Pienaarsvlei, daar by die aan-de-Wildepaardejacht, grootgeword het – en hierdie karaktervaste jong seun leer liefkry het, het seker al gewonder wat van hom geword het. Nou ja, die jare het al verbygegaan en Poens het ‘n mooi sterk seun geword, wat vir sy skool se eerste span uithaler-rugby gespeel het en ook goed in sy skoolwerk gepresteer het. Al die jare het hy maar nog altoos daar in die Klein Huisie, by oom Franken en tant Patta – die vroom en karaktersterke vrou – wat in die beslissende oomblikke van Poen se jong lewe so ‘n deurslaggewende rol gespeel het. Met sy skooljare op die dorp agter die rug, het Poens plaas toe gekom. Daar het hy vir oom Kowie gewerk. Oom Kowie had mos geen seun van sy eie nie en hy was ook vir hom ‘n groot hulp.
En tog was daar in Poens se hart ander drange, in sy gemoed was daar nog baie ander vrae. Voordat Poens besluit het oor verdere studie aan die universiteit, het hy eers ‘n jaar lank gaan kyk hoe alles lyk, om sommer die wêreld ‘n bietjie te gaan agterkom…
1 in stock
Uitgegee deur Afrikaanse Pers-Boekhandel
Derde druk 1964
Hardeband sonder stofomslag,, biblioteekstempel en plakkers agter in boek, blaaie nog netjies.bladsye is vergeel