Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Tweede druk 1971
Toestand: Hardeband met stofomslag met geringe verweer op die rante van die boek, boekinhoud in puik toestand
R110.00
“Wil julle kerels daar in die Noordweste verg? ” “Daarom is ons hier” antwoord Gustaf. “Goed, dan kom ek.” ‘n Vinnige en raak besluit, en tipies vir Manie Maritz, soos die Kaaplandse rebelle wat hy nou gaan aanvoer, gou sou leer. ‘n Lang ruk het hulle al meer gevlug as geveg. Gustaf Lubeck, wat vol idealisme kom aansluit het, was verstsom toe hy die eerste rebelle ontmoet – twee man wat op hul eentjie die Engelse gaan aandurf.
Maar nou word alles anders. Gustaf en Gert Waldeck en Willie Pienaar, wat intussen boesemvriende geword het, maak Manie Maritz se segetog mee. Onkeerbaar trek hulle deur Namakwaland en dring die Boland binne, sodat die kanonne al om Kaapstad opgestelword om die stad te verdedig.
‘n Opwindende tyd vir ‘n jong mens, maar ook ‘n swaar tyd. Bure praat nie meer met mekaar nie, twee seuns wat saam op een skoolbank gesit het, kyk na mekaar oor die visier. En as die nooi van jou hart se ouers ander politieke sienswyses het as jy, dan moet jong kêrel regtig groot durf aan die dag lê…
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Tweede druk 1971
Toestand: Hardeband met stofomslag met geringe verweer op die rante van die boek, boekinhoud in puik toestand