Sending na Planeet 55-7: Die Artaarse koffiekrisisi / Yvonne Botha

R100.00

Toe die studente op Fraich opdragte vir hul eerste volwaardige sendings ontvang, is Xacj een van die gelukkiges wat asteroïdes moet gaan kraak. Xenia moet ‘n bewoner van die nuutontdekte planeet 55-7 gaan haal vir navorsingsdoeleindes.

Dinge verloop egter nie heeltemal volgens plan nie. Xack kraak sy eerste asteroïde suksesvol, maar bots net daarna teen ‘n towenaar en beland op eeen van Delta Sefkot se gevreesde vullisplanete. Xenia kry wel haar 55-7 bewoner in die Ysvoël, maar kort voor lank bevind hulle hulle op dieselfde planeet. Die Delta Sefkoters neem hulle gevange en die twee studente vrees vir die ergste. Maar die ergste ontdek hulle eers later: ‘n magsugtige towenaar Listoor het ‘n bose plan om die heelal onherroeplik te verander.

Met net enkele ure oor om die heelal te red, moet hulle eers uitvind hoé . . .

1 in stock

SKU: JEUG.HAR.098/9/19 Categories: ,

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1996

Sagteband boek in mooi toestand

Bandillustrasie: Piet Grobler