Soektog in die onbekende / Hans Radau

R120.00

Juan is siek – dodelik siek. En die Indiaanse toordokter sê dat net die bloed van ‘n jong lama hom kan red. Sy vader, Thomas bring ‘n pasgebore lammetjie. Thomas is ‘n lamaherder. Hy het hierdie diere lief, hy ken hulle so goed en tog, as ‘n lama sy seun se lewe kan red, dan moet die dier geoffer word. Maar toe Juan die warm lyfie van die hulpelose  diertjie teen hoom voel, klem hy dit styf vas. Nee die diertjie durf nie doodgemaak word nie, dis is syne. Deur die nag, oor gevaarlike weë wat net die indiane ken, stap Thomas nou om ‘n blanke dokter te soek – en  Juan en die wit lama se lewens  word gered.

Tussen Juan en Illampu, soos hy die wit lama noem, ontstaan daar ‘n besondere vriendskap. Saam beleef  hulle baie avonture, gaan vier saam die groot fees van die Indiane, trotseer die aanval van ‘n verwoede tier. Oral waar ‘n mens Juan sien,  kan jy maar weet: die wit lama is  ook daar. En toe raak Illampu weg,  sommer skoonveld weg.

Nou begin daar vir Juan ‘n soektog – ‘n soektog deur die onbekend wêreld waar selfs sy stamgenote nooit kom nie. Hy strompel voort onder  die moordende son wat sy keel laat skroei van die dors. Hy worstel deur ‘n sneeustorm wat hom verblind en byna sy koers laat verloor. Hy word meegesleur deur ‘n siedende stroom.

Hy beur teen haas onbeklimbare kranse uit. As hy Illampu tog net kan vind! Kort-kort kom hy op troppe diere af – maar nêrens is sy wit lama nie.

Maar in hierdie onbekende, onherbergsame wêreld ontmoet die  jong Juan ‘n ander vriend, ‘n eienaardige ou man van wie hy baie leer wat hom help totdat die spannende soektog verby is en daar ‘n nuwe rigting aan Juan se lewe gegee word…

2 in stock

SKU: FIKSIE.VERT.JAD.002/6/18; FIKSIE.JAD.VERT.(B).002/6/18 Categories: ,

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Afrikaanse uitgawe 1968

Toestand: Hardeband met mooi stofomslag, biblioteekstempels en -nommers maar boekinhoud in puik en skoon toestand