Vlug in die Namib: ‘n Robinsonade in die woestyn / Henno Martin

R290.00

Vlug in die Namib is ‘n ware avontuurverhaal deur Henno Martin. Dit speel af tydens die Tweede Wêreldoorlog in die destydse Suidwes-Afrika (nou Namibië) toe die Suid-Afrikaanse regering besluit het om alle Duitse onderdane te interneer. Twee jong Duitsers met doktorsgrade in die geologie, Henno Martin en Hermann Korn, wat beide maar kort tevore in die land aangekom het, was vasbeslote dat dit nie hul lot gaan wees nie. Hulle besluit om vir die duur van die oorlog die Namibwoestyn hul tuiste te maak. Met ¿n vragmotor gelaai met alles wat hulle as noodsaaklik geag het, het hulle saam met hul hond Otto in die vallei van die Kuisebrivier gaan wegkruip. Die boek handel nie alleen oor die fisiese gevare van die lewe in die woestyn nie, maar ook oor die geestespanninge wat eensaamheid en afgesonderdheid oplewer. Martin skets die lewe in die Namib deur die oë van ‘n vlugteling, wetenskaplike, filosoof en natuurliefhebber.

Out of stock

Description

Tafelberg- Uitgewers

Sewende druk, 1964 (eerste keer in Afrikaans verskyn in 1959)

Hardeband met mooi stofomslag boek in puik toestand, effense skaafmerke op rante van omslag boekinhoud puik

Oorspronklike titel: Wenn es Krieg gibt

Uit Duits vertaal en verkort deur S. Vivier