Woorde is soos wors / Rona Rupert

R100.00

Nog ‘n pragtige boek uit Rona Rupert, een van ons grootste kinderboekskrywers. Josias Olwage kan nie wegbly van die Jeugsirkus nie. Tussen die akrobate en toutoertjie-meisies vergeet hy dat sy pa spoorloos verdwyn het en dat sy ma maar min tyd en lus het om na hom te luister. Toe hy boonop leier van die Poppekas word, loop sy beker oor: nou is hy onmisbaar.

Maar Josias se geluk is van korte duur. Sy man word baie siek en hy, kleinboetie Georgie, Mita en Hester moet in ‘n kinderhuis gaan bly. Nou is die Sirkus Josias se enigste vashouplek. Maar die ongeluk ry hom. Oop pad na oefening een aand, word hy deur boewe oorval.

Die gebreekte arm is egter nie die ergste nie. Terug by die Sirkus, met sy bolyf in gips, kan hy sy eie oë nie glo nie. Iemand anders is besig om sy handpoppe te hanteer. En veel beter as wat hy ooit kan…

In Woorde is soos wors, vertel die twaaljarige  Josias self sy verhaal: elke twaalfjarige sal dan ook sy magteloosheid, sy harteer, sy terleurstelling, maar ook sy pret en vriendskap en uiteindelike aanvaarding van homself kan verstaan en geniet…

1 in stock

SKU: JEUG.LIN.024/6/12/23(SUR) Category:

Description

Tafelberg

Eerste sagtebanduitgawe, negende druk 199o

Sagteband met mooi gekleurde stofomslag, effense verweer op hoeke en kante, geskrewe pen op titelblad

Illustrasies deur die bekende Alida van der Merwe Bothma

Hierdie boek is met die Scheepersprys vir Jeuglektuur bekroon in 1980.