Description
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2005
Sagtebandboek in nuwe toestand, wel stempel van vorige boekwinkel voorin boek
Omslagontwerp: Diek Grobler
R100.00
Die vis wat knor en ander vistermanstories deur Alsoon Wessels is ‘n bundel humoristiese kortverhale.Tim Uys se visrubrieke in Die Burger het al deel van die Kaapse hengelaarmitologie geword. Vir die hengelaar is dit ‘n born van inligting en herkenning van ‘n eensgesinde siel: nog ‘n man op soek na die ewig-ontwykende groot vis. Vir dié wat saam met ‘n hengelaar lewe, sal dit ‘n nuttige handboek wees tot begrip van hierdie subkultuur, en dit sal die passie en opsessie, die humor, die erns en bewaringsingesteldheid verstaanbaar maak. Vir beide entoesiaste en leke sal die stories insiggewend, leersaam en vermaaklik wees. Uys se entoesiasme is aansteeklik. Met hierdie versameling stories bring Tim Uys hulde aan talle soorte vis – van knorders, rooisteenbras, snoek, geelvis, en meer, tot die uitheemse forel – en aan die opwinding van die vangs. Dis immers die reis wat saakmaak, nie die eindbestemming nie…
1 in stock
Lapa Uitgewers
Eerste druk 2005
Sagtebandboek in nuwe toestand, wel stempel van vorige boekwinkel voorin boek
Omslagontwerp: Diek Grobler