Vereffening /Grobler, Douwlina

R100.00

Dit was ‘n hoë offisier en ‘n kapelaan van die Weermag wat die tyding gebring het. Haar seun, haar Johannie-kepannie is dood. Gesneuwel aan die grens.

Roerend vertel Douwlina Grobler van die uitwerking en die reaksie wat hierdie tyding het op ‘n moeder en ‘n jong vroutjie wat agterbly.

Vereffening is nie in die eerste instansie ‘n verhaal oor die grens en die terroriste-oorlog nie. Dis die verhaal oor die dood van ‘n kind en ‘n man, en die ingryping van so ‘n gebeurtenis in die lewe van hulle wat agterbly.

Die skok, opstand – ook teen God – hartseer en die lang moeisame pad terug na die lewe, wat die dood kan veroorsaak, word met deernis en insig vertel…

Die titel, Vereffening, kom van die Twananaam Molefi, wat vereffening beteken.

2 in stock

SKU: FIKSIE.CHA.024/6/20; FIKSIE.001.17/03/2026(k) Category:

Description

Femina Uitgewers

Eerste uitgawe eerste druk 1981

Hardebandboek met mooi netjiese omslag in glans