Wie van julle onthou nog die grusame aanval op Alison Botha in 1994 in die buitewyke van Port Elizabeth? Dié aanval het skokgolwe deur die land gestuur en niemand kon glo dat iemand so ontsettende aanval kon oorleef nie.
Sy vertel haar storie met die hulp van haar biograaf Mariaan Thamm op so ‘n oop en eerlike wyse deurgaans dat dit mens soms ongemaklik laat voel. Sy is vir my ‘n toonbeeld van iemand wat gekies het om te veg teen die dood, toe sy die dood letterlik in die oë gestaar het nadat haar nek byna afgesny was hul haar herhaaldelik in die maag gesteek het om kwansuis te toets of sy dood was en sy het steeds met hierdie wonde 90 m ver gekruip en later geloop, het totdat sy in die middel van die pad gaan lê het sodat ‘n verbyganger haar kon help…!
Sy beskryf ook deurgaans dat sy die lewe te liefhet om toe te laat dat Theuns Kruger en Frans du Toit dit kon regkry om haar van haar vreugde in die lewe kon ontneem. Hulle het haar vir dood agtergelaat en is kort na die aanval in hegtenis geneem en was geskok om te hoor dat sy die aanval oorleef het dat hul sommer dadelik alles beken het.
By die lees van die grusame aanval, het ek besef dat mens niks hoef te vrees nie – ook nie verkragting of aanvalle nie, want Alison was verseker nie alleen nie. Sy beskryf dat dit gevoel het of twee groot hande haar van agter aanhelp om tot in die pad te kon kruip-loop.
Vandag spreek Alison steeds mense toe om hul te motiveer en van haar ABC te vertel. Haar ABC staan vir ATTITUDE – ten spyte van watter situasie jy beleef,
BELIEF – dit waarin jy glo en
CHOICE – dat die keuse wat jy maak in omstandighede, saak maak…
In I have life vertel Alison haar hele grusame verhaal en ook van haar lang pad na genesing…