Description
Uitgewer: CUM
Datum: Eerste uitgawe 2002
Toestand; Sagteband in puik toestand
Vertaal: Deur Monica de Vries
Reeks: Nr. 10 in die reeks Hulle wat agterbly
R75.00
Prys is afgebring vanwee waterskade op die boek, blaaie verrimpel maar nog orals leesbaar.
Van die agterblad van Die oorblyfsel:
Sy Eksellensie Wêreldgemeenskap-potensiaal Nicolae Carpathia het sy oudste en nuutse vyande presies waar hy hulle wil hê: in hulle miljoene saamgetrek by Petra en binne die bereik van twee bomme en ‘n missiel wat niemand sal oorleef nie, tensy daar ‘n wonderwerk plaasvind.
Intussen is die nuutste lid van die Mag van die verdrukking nog steeds die gyselaar van ‘n groep Grieke wat reeds drie ondergrondse Judaiete vermoor het. Mac McCullum, Chloer Steele Williams en Hannah Palemoon is vasbeslote om Sebastiaan tot elke pryse te red, maar hulle kan hulle nie indink hoe hoog daardie prys gaan wees nie.
Die aarde, nou slegs ‘n puinhoop van sy vorige glorie, wankel onder die gewig van die oordele uit die hemel wat al erger word. Carpathian maak die wêreld warm vir die Christene, Jode, Moslems en enigiemand anders wat nie algehele trou aan hom sweer nie.
Die mag van Verdrukking se aliasse en geheime skuilplek in die Strong-gebou is blootgelê en dit dwing Rayforde Steele, Buck Williams en die res van die lewe om vir hulle lewe te vlug, terwyl hulle terselfdertyd weerstand moet bied teen die Antichris.
Geestelike leier Tsion Ben-Judah hou vol dat ten spyte van die geweldige oordele, hierdie donker tydperk van nood net soveel ‘n teken is van God se genade as van sy toorn. Net die wonderbare ingryping deur hemelse magte gee aan die gelowiges ‘n gebed teen die genadelose aanslag van die WG-vredeswatgte en die Moraalmonitors.
Niemand beweeg meer onder valse voorwendsels nie, selfs nie die Antichris nie. Die planeet stuur af op Armageddon en daarmee saam op die beslissende konfrontasie tussen die goeie en die bose.
Out of stock
Uitgewer: CUM
Datum: Eerste uitgawe 2002
Toestand; Sagteband in puik toestand
Vertaal: Deur Monica de Vries
Reeks: Nr. 10 in die reeks Hulle wat agterbly