Description
JL van Schaik
Tweede druk 1962
Hardebandboek met stofomslag in puik toestand, biblioteekstempel en plakkers agter in boek
Oorspronklike titel: Jock of the Bushveld – 1907
Vertaal in Afrikaans
Libri-Reeks Nr.30
R120.00
Jock van die Bosveld is een van die weinige Suid-Afrikaanse boeke wat werklik as klassiek bestempel kan word. Dit is die verhaal van Sir Percy FitzPatrick se ondervinged as jong prospekteerder en transportryer in die Oos-Transvaalse Laeveld van die tagtigerjare van die vorige eeu. Die hoofpersoon is egter nie die skrywer self nie maar wel sy getroue hond, Jock.
By geboorte is daar ses klein hondjies in die werpsel, waarvan Jock die lelikste en die swakste is. Maar nie lank nie, want soos hy grootword, wys hy dat hy die slimste en dapperstel van almal is. Saam met sy baas belewe hy spannende en gevaarlike jagavonture in die veld en by meer as een geleentheid red hy hulle uit ‘n penarie deur sy vernuf. Deur die verhaal van Jock en sy baas ontvou die Bosveld soos ‘n prent voor jou en maak jy kennis met die grootwild en ander interessante diere en voëls.
Out of stock
JL van Schaik
Tweede druk 1962
Hardebandboek met stofomslag in puik toestand, biblioteekstempel en plakkers agter in boek
Oorspronklike titel: Jock of the Bushveld – 1907
Vertaal in Afrikaans
Libri-Reeks Nr.30