Description
Uitgewer: Tafelberg
Tweede druk 1993
Sagteband in netjiese toestand
R170.00
In ‘n Hollandse kafeetjie sê Marc van Stellenbosch vir die kelnerin hy kom so pas uit Afrika. Dan laat sak Jurgen van Franschoek sy koerant en vra: “Suid-Afrika?”
So ontmoet die twee “broers-uit-die-verdrukking” mekaar. As diensplig-ontduikers het hulle ontsnap van “‘n regime van ongeregtigheid en diskriminasie” na die “heilige plek van die groot toleransie”. Albei wil ook van verstarde denke en ‘n verkrampte leefwyse loskom.
Gaandeweg verdiep hul vriendskap, raak hul verhouding verwikkeld. Jurgen is gay. Maar sonder om volkom deel van die homokultuur te wees. Veral nadat sy minnaar Tako aan vigs dood is, vermy hy seksuele kontak. Hy verpleeg nou vigslyers in ‘n kliniek.
Jurgen ken dié frustrasie, wanhoop en skuldgevoelens van ‘n homofiele bestaan en gun dit nie vir Marc nie. Hy wil hom waarskun. daarom bring hy hom in aanraking met die skadusy van homoseksualiteit. Hy toon byvoorbeeld aan hom dat dit ‘n vorm van verslawing kan wees – soos dwelmmisbruik. Hy laat Marc die lyding van die vigspasiënte sien, die uitdagende mening van ‘n uitgesproke gay aanhoor.
Nie net by Jurgen maak Marc kennis met homoseksualiteit nie. By sy ouma vind hy meer uit oor sy vader se seksuele ambivalensie, ‘n stryd wat tragies geëindig het.
Maar dan is daar Anneliese van die rooiliggebied. Met haar jong buitelende liggaam voor hom weet Marc dat die lewe ook ekstaties kan wees. En toe word dit nag vir hom en Jurgen. byna bomenslike opofferings word geverg, hulle liefde word tot die uiterste beproef.
Klaprose teen die wind is ‘n roman oor seksuele ambivalensie en die verskrikking van vigs…
1 in stock
Uitgewer: Tafelberg
Tweede druk 1993
Sagteband in netjiese toestand