Kleuterverseboek / saamgestel deur D.J. Opperman
R130.00
Hierdie bundel is baie skaars en letterlik propvol rympies en gediggies deur verskillende skrywers en word ondersteun deur die mooiste pensketse soos op foto aangeheg.
Dié versameling bevat dus vinger- en toonrympies, aanraakliedjies, troetelrympies, knieliedjies, slaaprympies, klankklontjies, tergrympies, snelsêers, tel- en uittelrympies, toorspreuke, gebedjies, liedjies en vertellings, gedigte vir voordra, dramatisering, spreekkore ens kortom, kleuterversies vol alliterasies, klanknabootsings, verse wat lekker lê op die tong, helder klink vir die oor en duidelik teken vir die oog…
Hierdie volksrympies en verse eis uit alle bronne gehaal: uit eien herinnerings, tydskrifte, boekies vir kunswedstryde en talle bundels soos mens agter in die Bronnelys kan aflei… Agterin is ook ‘n alfabetiese lys van beginreëls van elke gedigte of versie wat ‘n soektog na so gedig makliker maak…
Out of stock
Description
Uitgewer: Tafelberg
Tweede druk 1960
Toestand: Hardeband sonder stofomslag, mooi en netjiese toestand, buitekant van boek toon verweer binnekant puik, hier en daar ‘n potloodmerkie in die boek, Penmerk in ‘n krul deur waarskynlik ‘n kind op tweede skoon bladsy, effense watermerk op onderpunt van bladsye wanneer boek oopgeslaan is (foto)
Hierdie bundel is besonder skaars en van groot waarde vir Afrikaanse kinders
Illustreerder: Pragtige swart en wit sketse / illustrasies deur P. de Weerdt.