Description
Uitgewer: Lapa
Tweede uitgawe 2006
Sagteband, nog in mooi toestand ‘n nommer in rooi pen op binneblad geskryf
Omslagontwerp: Tertia du Toit
R65.00
“Het jy enige idee hoe dit voel om verlief te wees?” vra Nadia moedeloos.
“Natuurlik”, sê ek vinnig. Ek dink onwillekeurig terug aan die twee outjies wat ek en Nadia in graad drie met sjokolade omgekoop het om met ons uit te gaan. Die “verhoudings” het net so lank gehou as wat dit die twee geneem het om die sjokolade op te eet. “Ek het al van ‘n hele paar ouers gehou…” sê ek ongeëerg.
Dis darem nie heeltemal ‘n leuen nie, daar is ‘n hele paar cute ouens in die skool. Ek wil net nie met hulle uitgaan nie.” “Ek praat nie van hou van iemand nie”, sê Nadia. “As ‘n mens rêrig verliefd is ou ‘n ou kan jy nie een oomblik ophou om aan hom te dink nie.” Sy kry weer daardie dromerige kyk in haar oë. “Alles voel skielik anders as jy verlief is, tot die boringste goed. Jou klein boetie kry dit nie meer reg om jou te irriteer nie, jy kry sommer lus en gee jou mees gehate onderwyser ‘n drukkie en selfs jou Rice Krispies proe anders…”
Out of stock
Uitgewer: Lapa
Tweede uitgawe 2006
Sagteband, nog in mooi toestand ‘n nommer in rooi pen op binneblad geskryf
Omslagontwerp: Tertia du Toit