Maigret en sy dooie / Georges Simenon

R120.00

Die vermaarde speurder Maigret het dié oggend ‘n vreemde telefoonoproep ontvang.

“Hallo, is dit u?” het ‘n ontstelde stem gevra. “My naam sal vir u niks sê nie. Ek wou u eers kom besoek. Ek het vlak voor u gebou verbygestap, maar ek kon dit nie waag om binne te gaan nie, want hy was op my hakke en ek glo nie hy sou geaarsel het om te skiet nie. Ek is nie ver nie – in ‘n kafeetjie regroot u kantoor… Ek word al van gistermiddag af agtervolg. Daar’s ‘n hele paar van hulle wat mekaar aflos… Stuur asseblief ‘n speurder in burgerdrag hiernatoe. Ek sal uitloop. Al wat hy hoef te doen, is om die mang wat my agtervolg, te arresteer, daarna sal ek na u toe kom en alles verduidelik.

Maigret wou nog verder uitvra, maar daar was skielik geen antwoord meer aan die anderkant nie. Maigret ontvang nog vier dringende oproepe, elke keer uit ‘n ander kafee, van die mag wat tevergeefs probeer om sy agtervolgers af te skud. Ek as hulle hom uiteindelik vind, die kleinerige mannetjie in die reenjas, lê hy dood in ‘n straat, met ‘n messteek in sy bors.

Wie was die man wat naarstiglik probeer het om Maigret te bereik en wat wou hy vir hom sê?

Daarmee begin een van die boeiendste speurverhale wat ooit in enige taal geskryf is…

Out of stock

SKU: FIKSIE.MBD.003/3//18 Category: Tag:

Description

Uitgewer: Afrikaanse Pers Boekhandel

Datum: Eerste Afrikaanse uitgawe 1968

Toestand: Hardeband met mooi stofomslag, naam van vorige eienaar voorin blaaie vergeet maar boek nog baie stewig en netjies, omslag het verbleik op voorblad en aan die kante

Oorspronklike titel: Maigret et son mort

Vertaal: Uit Frans vertaal deur André P. Brink