Oranje Meraai /Joubert, Marlise

R110.00

Die jare negentig is vir Vera Rozendal, soos vir die land, ‘n onseker oorgangstyd. “Tatty en opgeroes, voel sy aanmanings van die middeljare aan haar lyf en haar gemoedskommelinge. Tussen haar verpligtinge as kunsdosent en enkelouer van drie kinders deur probeer sy die sin van haar bestaan peil. Sy mis ‘n man in haar lewe – iemand soos die lenige fietser Tom, vir wie sy briewe skryf wat sy nie pos nie.

Jaar storiekind, Katja, kan alles altyd regtoot met  haar verbeelding, maar vir Vera raak die lewe by die dag meer verwikkeld. Veral wanneer haar onvoorspelbare seun Storm, sy studie opskop en al hoe meer ontwykend raak. In studentebriewe uit die jare sestig ontdek Ver haar eie voortvarende jonkheid, en herken sy in haarself iets van haar seun se geheime lewe.

Sy besluit om ‘n ou familieraaisel te probeer oplos – een wat teruggaan na die Anglo-Boereoorlog, toe haar oupa, Frederick Brand, en sy seuntjie Freddie spoorloos verdwyn het. Die opklaar van die verlede sal dalk die onvooltooidheid in haar help besweer…

1 in stock

SKU: FIKSIE.DEB.006/12/2/21 Category:

Description

Tafelberg Uitgewers

Eerste uitgawe 1996

Sagteband soos nuut, naam van vorige eienaar op eerste skoon bladsy geskryf