Description
Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
1962
Hardeband met stofomslag, omslag toon verweer en verbleik, binnekante van die boek nog netjies, net voormalige handelaar stempel op binneblad.
Stofomslag: R. Waher
R150.00
Oupa en ouma het vir alles en nog wat ‘n raat. Hier volg ‘n paar wat u in die boek sal aantref:
As skerpioen jou steek en jy kan hom net daar vasdruk en eers sy angel afmaak, hof ‘n sny onder die maag gee en op die plek sit, sal die gif gou terugtrek en die brand bedaar. Maar as hy ontsnap, neem dan terpentyn, die wat jy in die apteek koop, en hou die plek daarin.
Julle zal mischien daar oor loag, maar dit is zeker en probeer dit. Neem een nuwe zijl garen wat een sakke mee toe werk. Bind hom twee keer bo om die arm bokant die mussel en dra hom en jy sal nie weet wanneer die jig weg is nie. Dit is nie een grap nie.
Hier is nou ‘n oue, oue raat. As u in die veld stap met ‘n hewige hoofpyn en u daar ‘n wildetwaksboom sien, pluk die blare, pak die hoed se bol vol en sit dit op die kop, nie lank nie, dan sal die hoofpyn verdwyn… (Vanaf die agterblad van die boek.)
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
1962
Hardeband met stofomslag, omslag toon verweer en verbleik, binnekante van die boek nog netjies, net voormalige handelaar stempel op binneblad.
Stofomslag: R. Waher