Danda /Barnard, Chris

R80.00

Die klassieke Afrikaanse kinderverhaal, verwerk deur die skrywer en heruitgegee met ‘n nuwe omslag.

Danda (Daniël Daneel) vertrek sonder die medewete van sy pleegouers met sy tuisgemaakte vlot, sy nagapie, kraai, ratel en hond om sy pa in ’n ver hawe te gaan soek. Op die avontuurreis kom hy byna om in stormwater, verloor sy vlot, raak beseer, en loop boonop die uitgeslape leegleêr oom Sarel Vetvoet raak. Ook krokodille en seekoeie word ’n bedreiging.

Die troeteldiere en Vetvoet sorg vir humoristiese afwisseling. Danda maak ook kortstondig kennis met die Portugese meisie Rosina. Die motief van natuurbewaring teen die agtergrond van ’n subtropiese wêreld in Afrika is sterk aanwesig.

 

Out of stock

SKU: JEUG.ALG.006/30/09/25 Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

Tiende druk 1990

Sagtebandboek, toon verweer, xskoolboek met stempel mer op binneblad, blaaie skoon en netjies

Bandontwerp: Alida van der Merwe