Description
Tafelberg
Eerste druk 2015
Sagteband nog mooi
Koos Stadler is ‘n beroepsoldaat en voormalige Recce met nege medaljes op sy kerfstok, waaronder die Honorus Crux (Brons) vir dapperheid. Hy het as lid van die Spesiale Magte se spesialisverkenningspanne, oftewel kleinspanne, vyf jaar lank talle hoogs gespesialiseerde strategiese operasies agter vyandelike linies uitgevoer.
Koos Stadler skryf in sy skrywersnota voor in die boek, Recce:
“Ek het hierdie boek geskryf om iets weer te gee van die wêreld waarin ek langer as tien jaar van my 24 jaar lange loopbaan in die Spesiale Magte geleef het – die relatief onbekende wêreld van die Kleinspan -operateur. Ek het daardie tien jaar in verkenning gespesialiseer, dit geleef, geëet en geslaap…”