‘n Nuwe wildernis /Viljoen, Ben

R120.00

Op Oshikango naby die grens tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika breek die hel los. In die loopgawe krimp jong soldate ineen. Skaars ses maande gelede was die mees van hulle nog op die skoolbanke, nou sit hulle in in die vuurkring van die vyand vasgevang, ‘n kring wat meedoënloos om hulle toetrek…

Hierdie rou, eerlike, verkapte romand bied ‘n blik op die ervarings van ‘n groep soldate en na die grensoorlog in die destydse Suidwes-Afrika. Die gebeure strek van die aanvang van die oorlog in die vroeë jare sewentig, deur die sogenaamde derdemagbedrywighede  wat die Suid-Afrikaanse politieke oorgang voorafgegaan het , tot aan die voorraand van die WV. Op jong soldate soos Cassie Carstens, Leo Steyn en Khanda Mahlatini laat die verskrikking, ontnugtering en absurditeit van die oorloge en die verwoestende nadraai daarvan letsels wat hul lewens onherrroeplik verander…

Out of stock

SKU: FIKSIE.BRE.002/1/24 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 2013

Sagtebandboek soos splinternuut

Bandontwerp:  Michiel Botha