Die ou man en die duif / FA Venter

R120.00

Die duif se koms was onverklaarbaar. En sy was so fraai, so adelik, so anders. Sy het haar onmiddellik tuisgemaak – byna asof dit voorbestem was dat sy daar moes wees. Die ou man het gevoel hoe die hartseer, die eensaamheid van die eindelose dae en nagte na sy vrou se dood in hom begin losskiet. Hy was nie meer so verlore alleen nie.

So het daar tussen hom en die ligblou duif ‘n besonderse verhouding ontstaan – ‘n verbondenheid wat hy self nie kon verklaar nie.

Die mense het begin praat, soetjies eers, versigtig. Toe al hoe uitdagender met al hoe groter venyn: Op Kroonplaas by Hermanus Wiese is daar dinge aan die gang wat g’n Christenmens sommerso oogluikend kan toelaat nie.

Die predikant het probeer keer: Gee hom kans. Moenie so haastig oordeel nie. Hy is so alleen. Op Kroonplaas het hy gaan pleit: Moenie van ons weggaan nie Bly by wat jy nog altyd geglo het. Maar dinge moes hul onvermydelike loop neem.

En bo die rant anderkant die huis het die valk begin draai en swewe…

In hierdie  boek bring F.A. Venter ons weer na sy geliefde landskap van gannabos, vingerpol en kokerboom, maar van daar af neem hy die leser op ‘n verkenningstog deur die vreemde weë van die mens se gees…

Out of stock

SKU: FIKSIE.BAR.006/5/9/23 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe tweede druk 1988

Hardebandboek in netjiese toestand binne, boekblaaie effens vergeel tog is boek skoon en nuut, stempel op binneblad van ‘n vorige biblioteek, behalwe vir stempel