Description
Protea Boekhuis
Eerste uitgawe 2001
Hardebandboek met glans voorbald in puik skoon en netjiese toestand
R130.00
Hierdie boek het ontstaan uit Dot Prinsloo -(gebore Martha de Kock) se herinneringe uit die vorige eeu. Sommige daarvan was oorleweringe en vertellings deur haar ouers as pioniers van die Hoëveld, maar die meeste daarvan het sy self beleef.
Dot is op 6 Januarie 1915 op die plaas Uitkyk in die distrik Middelburg, Mpumalanga, gebore. Met die herlewing van belangstelling in die Anglo-Boereoorlog en gebeure rondom die vorige eeuwending het Dot verskeie stukke herinneringe vir die nuusblad van Harmoniehof, waar sy tans bly, geskryf. Dit het aanleiding gegee tot die skryf van hierdie boek. Haar kinders en kleinkinders asook talle inwoners van Bothasberg, waarvan Uitkyk die voorportaal is, het haar aangemoedig om die herinneringe op skrif te stel sodat hierdie stukkie geskiedenis nie verlore gaan nie.
Die beskrywings oor Uitkyk word gaandeweg ook ‘n inkyk: ‘n kyk in die Hoëveldse plaaswêreld van ouds en
‘n inkyk van die skryfster na haar eie binneste, haar waardes en wortels.
1 in stock
Protea Boekhuis
Eerste uitgawe 2001
Hardebandboek met glans voorbald in puik skoon en netjiese toestand