Dwarstrek oor die drake / Hesma Nel

R90.00

Jamina is nie aldag so in haar skik met die nuwe broers en susters wat sy bygekry het toe Moedie met Pa-Gert getroud is nie. Veral waar hulle in die wildernis is in ‘n klein hartbeeshuisie woon of op die trekpad in twee waens saamgehok is, kry sy byna nooit meer die kans om alleen saam met Moedie te wees nie – veral nie sedert die klein Engela se geboorte nie.

Boonop verstaan sy haarself nie meer so mooi nie. Die een oomblik is alles lekker en is die lewe wonderlik, en net daarna moet sy veg teen die trane of raak sy aan die baklei met iemand – gewoonlik daardie haatlike Benna wat hom so groot hou. En dan karring die grootmense nog aanmekaar dat sy haar soos ‘n dame moet gedra, en Annie Tregardt kan nie uitgepraat raak oor hoe lekker dit moet wees om regtig groot te wees en te trou en babatjies te hê nie.

Maar namate die waens dieper die wildernis in beweeg en al hoe meer ellende die Tregardt-geselskap tref, ontdek Janina baie dinge – omtrent haarself, die mense om haar en die lewe in die algemeen.

Out of stock

SKU: JEUG.NWE.008/1/9/22 Category:

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1990

Toestand: Sagteband in mooi toestand