Description
Uitgewer: Waterkant-Uitgewers
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1984
Toestand: Sagtebandboek, blaaie vergeel en hier en daar ‘n ouderdomsvlek en ‘n klein stukkie van rugkant onder is afgeskeur
Voorbladskets: F. Lategan
R70.00
‘n Belowende jong kunsstudent Sunet Vermaak sterf nadat sy dwelms geneem het. Kort daarna sterf ‘n bruin visser op die kusdorpie Kromdraai geheimsinnig – ook onder die invloed van dwelms. Dit, en die onaangename ontmoeting met meneer Snorre, wat goue Krugerrande in sy beursie ronddra., laat die twee jong vriende André Muller en Pieter de Waal snuf in die neus kry. Hulle stel ondersoek in en raak so betrokke by een van die opwindende avonture van hul lewe.
Geheimsinnige Taiwanese vissersbote, die verdwyning van die visser Willem en die optrede van ‘n kunstenaar wat vreemd bekend voorkom, maak van Dwelmgevaar op Kromdraai ‘n boek wat die jong leser nie sommer sal neersit nie.
2 in stock
Uitgewer: Waterkant-Uitgewers
Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1984
Toestand: Sagtebandboek, blaaie vergeel en hier en daar ‘n ouderdomsvlek en ‘n klein stukkie van rugkant onder is afgeskeur
Voorbladskets: F. Lategan