Description
Tafelberg
Derde druk 1987
Sagteband met gekleurde glansvoorblad boek in mooi toestand bibstempels, boek oorgetrek met kleefplastiek
Omslagontwerp deur Gerhard Lust
R80.00
‘n Wêreld sonder grense is ‘n bundel aaneengeskakelde kortverhale, almal onderdele van ‘n oorlogsverhaal wat met seldsame ekonomie vertel word. Dit is ‘n genadelose boek oor ‘n brutale bosoorlog; oor ‘n naamlose jong seun wat soldaat word deur ‘n reeks inisiasies en geweld. Algaande word die veilige wêreld agtergelaat, totdat daar nog net die grense bestaan wat deur die grensloses vir hulself versin word.
”n Man wat met sy debuut so ‘n knap teks kan lewer, bewys al vanself dat die pen iets bo die R-1 te sê het.” – André P. Brink, Rapport –
Out of stock
Tafelberg
Derde druk 1987
Sagteband met gekleurde glansvoorblad boek in mooi toestand bibstempels, boek oorgetrek met kleefplastiek
Omslagontwerp deur Gerhard Lust