Description
JP van der Walt en seun Bpk
Eerste druk 1979
Hardeband met stofomslag boek is oud bibboek maar nog netjies blaaie verbruin asook WITDRAWN stempel
R80.00
Na sy pa se dood het Soon se wêreld in duie gestort. Die plaas en feitlik alles wat daarop was, moes verkoop word, want sy pa se finansiële posisie was nie so sterkt as wat hulle gedink het nie. Selfs Nimrod, sy pragtige vosperd, sou voortaan aan ou Muggiebul behoort – ou Muggiebul vir wie het juis nie ooghare gehad het nie. Gelukkig was Pruimpie nog daar – die opreggeteelde keeshond wat ‘n geskenk van sy pa was. En in die verlate beeskraal het hy ‘n spantou opgetel en in sy broeksak gedruk. Sy hond en sy spantou sou hy ten minste saam met hom stad toe kon neem – Johannesburg toe, waar hy en sy ma voortaan by sy oorlede pa se suster sou inwoon…
Sy hond en sy spantou is die verhaal van ‘n seun en sy hond se liefde vir mekaar – en van die vreemde rol wat ‘n eenvoudige spantou in mense se lewens kan speel. Dit is ‘n verhaal wat allerweë byval sal vind.
2 in stock
JP van der Walt en seun Bpk
Eerste druk 1979
Hardeband met stofomslag boek is oud bibboek maar nog netjies blaaie verbruin asook WITDRAWN stempel