Die towerkat / Wille Martin

R70.00

Tom, Davina en Cecily gaan kuier by Oupa en Ouma vir die vakansie. Sommer met die intrapslag sien hulle dit gaan ‘n onvergeetlike vakansie wees. Want daar, in die kombuis sit die vreemdste kat wat met die drie nog gesien het. Sy het groot wit, rooi en swart kolle oor haar hele lyf en dit lyk kompleek asof ‘n bottel ink in haar gesig gebars het.

Boonop kan sy… praat! Haar naam, verneem die kinders gou, is Tokkelos – die Towerkat.

En dis nie al nie. Tokkelos neem hulle op ‘n ontdekkingstog na die towerwêreld van die kleinmensies… Maar oor wat daar gebeur het, kan die drie met niemand praat nie, want wie sal hulle glo? Of sal iemand?

1 in stock

SKU: KIN.SUR.007/7/3/22 Category:

Description

Uitgegee deur Perskor -Uitgewery

Eerste uitgawe, eerste druk 1985

Hardebandboek met groen stofomslag in goeie en netjiese toestand