Helena in die tyd van die tente /Greyling, Franci

R150.00

Vir Helena beteken die tyd van die tente Engelse soldate wat oor die  plaas swerm, die opstal wat in vlamme opgaan, n reis in ‘n oop veetrok, lang toue vir skraal kosrantsoene, winternagte met slegs ‘n klam kombers tussen haar en die grond…

Maar omdat sy die grint van die land in haar het, soos haar pa en haar ouma, kom sy dié dinge te bowe. Daarom kon sy daardie dag toe die soldaat wat met die vuurhoutjie in die hand staan en wag het, ‘n barshou kyk, kon sy terwyl die vlamme al aan die klavier begin lek, nog die note van “Kent gij dat volk” laat uitgalm.

Ander dinge wil haar egter onderkry, soos om by die ‘n hanskakie se seun ‘n matras te moet gaan bedel vir haar siek boetie of om te erken dat mens ook moet kan vergewe, dat dit bowe alles ménse is wat saak maa. ‘n Uitsonderlike verhaal, met meelewing en egthied geskryf.

1 in stock

SKU: JEUG.KLE.001/3/25 Category: Tags: , ,

Description

Uitgewer: Tafelberg

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 1986

Toestand: Sagteband in mooi toestand, blaaie effe vergeel

Bandontwerp: Anneke Lipsanen