Description
Uitgewer: JP van der Walt en seun
Datum: Eerste druk 1969
Toestand: Hardeband met los stofomslag baie mooi voorblad, stempels en sakkie en plakkers in boek
Tekeninge en stofomslagontwerp: Oswald Gerber
R120.00
Borreldien het ou Moosa se groentekar getrek. Hy was ‘n wit spikkelperd met tuitlippe en hartseer-oë met traanstrepe daaronder – geen pronkperd nie, maar vir Henk wat in die stad gewoon en byna geen diere geken het nie, die mooiste perd op aarde. Bowendien het Henk se ouers onlangs na ‘n vreemde buurt getrek, en Moosa en ou Borreldien was sy enigste vriende.
En toe het Borreldien en Moosa albei van die aardbodem af verdwyn. Die een dag was hulle nog daar, maar die volgende dag het hulle net nie weer opgedaag nie. Ver en naby het Henk na hulle gesoek, maar kry was daar nie. En Kersfees was net om die draai en Henk het nogal vir ou Borreldien ‘n hele pakkie lekkers gekoop! henk se hart het seerder en seerder geword, maar nog was daar geen teken van Moosa en Borreldien nie.
Hierdie is een van die laaste kinderboekies wat Mikro geskryf het – moontlik die heel laaste. Dit is ‘n gepaste groet van ‘n groot skrywer aan die jong lesers vir wie hy in sy leeftyd soveel genot verskaf het…
Out of stock
Uitgewer: JP van der Walt en seun
Datum: Eerste druk 1969
Toestand: Hardeband met los stofomslag baie mooi voorblad, stempels en sakkie en plakkers in boek
Tekeninge en stofomslagontwerp: Oswald Gerber