Riemvasmaak: hartland harde land deur Euodia Engels

R110.00

NUWE BOEK

Wanneer uit voorraad – laat asseblief 14 werksdae toe vir aflewering.

‘Onse Jirre issie ‘n man wat sit en slymer of slapie, an sy oge rakie moeg of mattie. Hy weet va elke ding.’

Dit is die taal waarin Euodia met hierdie sielvolle boek deel in die vreugde en frustrasies van die Riemvasmakers se terugkeer na hulle geboortegrond.

n Sielvolle boek oor die Namas se omswerwinge in hulle eie dialek.

‘n Groep Namas het onlangs na hulle geboortegrond teruggekeer nadat hulle jare lank in Namibië moes woon. Die skrywer, wat teenaan Riemvasmaak grootgeword het, praat hier in die taal van die bekende Griekwa Psalms, van prof Hans du Plessis, oor die lief en die leed van die Riemvasmakers se terugkoms.

Inhoud:

Kaart van die omstreke ingesluit voor in die boek.

  • Die swart kol op die wit laken – oor die geskiedenis van die inwoners van Riemvasmaak.
  • Dagbreek, Vrydagmore 15 Mei 1995
  • Aankomslied – Petrus Loeriesfontein
  • Riemvasmaak mettie skepping sam
  • Weg an trig
  • Nog ‘n Riemvasmaker onthou …

Euodia Engels het op die plaas Biesjespoort naby Riemvasmaak grootgeword. Sy kom uit ‘n skrywersfamilie – haar broer was die bekende professor Gerhard Beukes – bekend as dramaturg en heelparty dramas het uit sy pen verskyn. Hy was in  1952 die wenner van die Hertzogprys.

Die swaarkry van mens en dier in die droë, bergagtige gebied van Riemvasmaak lê Eupdia baie na aan die hart. Sy ken ook die verlange van die ou Riemvasmakers na hulle stukkie rooi aarde. Die plaas Biesjespoort is in 1996 verkoop nadat dit 100 jaar in die besit van die Beukes familie was. Met hierdie skrywe is dit haar wens om ‘n bydrae te maak tot die uitbouing van die inwoners se menswaardigheid, hulle toeristebedryf en die wil om die verantwoordelikheid vir hulle voortbestaan te aanvaar.

 

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.PRO.001/10/3/23; NIE-FIKSIE.PRO.002/10/3/23 Categories: , Tags: , , , , , ,

Description

Uitgewer: Hemel & See Boeke

ISBN 978-0-620-34638-2

Sagteband, 80 bladsye

Kategorie: Nie-fiksie