Nuut bygevoeg
Nuwe boeke onlangs bygevoeg
Biografië
Biografië en Outobigrafië
Welkom
Baie welkom by Kakkerlak Boeke. Mag jy die webblad geniet. Ek probeer 'n nuwe en tweede lewe gee aan ou Afrikaanse boeke. Hoop jy kry hier waarna jy soek. Indien nie - stuur 'n epos en ek soek die boek vir jou...
Daar is nog duisende boeke wat nie bygevoeg is op die aanlynwinkel nie - loer gerus op die skakel Tweedehandse boeke ook want meeste van daardie boeke is nog nie op die aanlynwinkel bygevoeg nie. Dit mag egter wees dat van daardie boeke reeds verkoop is aangesien ek nie die lyste opdateer nie.
Afrikaanse boeke bo!
Aankoopbeleid van ou boeke
Ek weet nie wat aangaan in die wêreld nie, maar ek kry weekliks oproepe van mense wat 'n massa boeke wil verkoop. Ek het nie meer plek vir 'n muis in my boekwinkel nie, en koop dus net aan wat my kliente benodig, maar indien u 'n lys van u boeke stuur, maak dit die herverkoop daarvan baie makliker. As ek nie van u boeke kan aankoop nie, kan ek egter die lys na al my boekhandelaarvriende aanstuur.
Dit vat baie tyd en energie om boeke te lys, maar GLO MY - maak daardie lys en ons kan jou help...
Hoe werk die webblad?
Wanneer 'n boek verkoop is op die aanlynwinkel, bly die foto en inligting rakende die spesifieke boek op die aanlynwinkel, maar die inkopiemandjie en die prys word nie aangedui nie en die boek word gelys as OUT OF STOCK. Die opsommende inligting van elke boek dien dan as databasis vir inligting oor die boek en waaroor die boek gaan. Wanneer u graag 'n boek soek en dit word aangedui as OUT OF STOCK, kan u my net laat weet dat ek kan uitkyk vir nog 'n eksemplaar daarvan.
Die aanlynwinkel werk baie eenvoudig en vereis slegs u adres inligting, telefoonnommer en eposadres wat als benodig word om met 'n kliënt te kommunikeer. Ons waarborg dat u inligting uitsluitlik vir die doeleindes van die Kakkerlak webblad gebruik sal word en verseker nie aan andere verskaf sal word nie.
Watter koerier moet ek kies?
Wanneer u 'n boek(e) op die aanlynwinkel bestel, sal u wanneer u die aankoop wil voltooi, die verskillende koerieropsies sien. Maak seker dat u die regte opsie kies. Fastway lewer net af in hoofsentra. Klein dorpies word met groot vrug bedien deur Pargo. U kan op Pargo se webblad (www.pargo.co.za) u dorp se naam gaan intik, en self kyk by watter winkels of vulstasies pakkies afgelaai word.
Nog 'n opsie wat fantasties werk veral vir die platteland, is Paxi wat van Pep stores na Pep stores gestuur word en lekker goedkoop is maar die wagtydperk is effens langer.
Ons onderneem om u bestelling so gou moontlik te stuur hetsy via die poskantoor of met 'n koerier. Die verskillende opsies is mooi uiteengesit in die aanlynwinkel sodra u u bestelling voltooi. Daar word voortdurend met u gekommunikeer oor die stand van sake van u bestelling.
Op Afslag
-
Tallie se storie / Carol Langenhoven
R80.00Original price was: R80.00.R65.00Current price is: R65.00. -
Kortpadkos: Uit Hoogland se plaaskombuis / Annette Human
R150.00Original price was: R150.00.R120.00Current price is: R120.00. -
Kringloop van die Winde / C. M. van den Heever
R70.00Original price was: R70.00.R50.00Current price is: R50.00. -
Meer as 'n Ja-woord / Johan en Nina Smit
R90.00Original price was: R90.00.R70.00Current price is: R70.00. -
Jasper in gevaar / C.F. Beyers-Boshoff
R80.00Original price was: R80.00.R70.00Current price is: R70.00. -
Die ontplooiing van die Engelse oorlog / M.A. Gronum
R190.00Original price was: R190.00.R100.00Current price is: R100.00. -
Acid Alex / Al Lovejoy
R140.00Original price was: R140.00.R110.00Current price is: R110.00. -
Die Nuwe skatkis Naslaanreeks
R600.00Original price was: R600.00.R280.00Current price is: R280.00. -
Bybel in Afrikaans
R110.00Original price was: R110.00.R90.00Current price is: R90.00. -
Die meisies van Maasdorp / Stella Blakemore
R130.00Original price was: R130.00.R50.00Current price is: R50.00. -
Homo Sapiens en ander diere / Erik Holm
R260.00Original price was: R260.00.R180.00Current price is: R180.00. -
Ansofie Plak Boek 1 - Die verdwynende huis / Anna Emm
R115.00Original price was: R115.00.R100.00Current price is: R100.00. -
Lafras Cuyper in Frankryk / Karl Kielblock
R75.00Original price was: R75.00.R40.00Current price is: R40.00. -
Dagboek vir dogters / Nina Smit
R55.00Original price was: R55.00.R50.00Current price is: R50.00. -
Karelsen vlieg weer / Astrid Lindgren
R110.00Original price was: R110.00.R90.00Current price is: R90.00. -
"Ma, sê vir sussie": Weer briewe van Kleinjan / Johan van Pletzen
R150.00Original price was: R150.00.R120.00Current price is: R120.00.
Boek Kategorieë
- Militêre boeke
- Kinder Nie-Fiksie
- Nie-Fiksie
- Nuwe boeke
- Fiksie
- Fotografiese Essay
- Digbundels
- Musiek
- Jeugboeke
- Humor
- Tydskrifte
- Sport en ontspanning
- Skool Handboeke
- Wetenskapsfiksie
- Kortverhaalbundels
- DVD en CD'S
- Taal- en Letterkunde
- Genealogie
- Bybels / Bibles
- Biografieë en outobiografieë
- Dagboeke
- Handboeke
- Jagverhale
- Medies
- Philosophy
- Militêre Boeke
- Geskiedkundige dokumente
- Geestelik
- Ensiklopedieë
- English Fiction / Literature
- JEUGBOEKE
- Vertaalde werke
- Woordeboeke
- Geestelike boeke
- Childrens Fiction
- Dramas
- Taal en literatuur
- Nederlands
- Kinderboeke
- Geskenkbewys
- Kontreiverhale
- Rubrieke
- Dramas en eenbedrywe
- Kookboeke
- Reisverhaal
- Geskiedenis & Politiek / History & Politics
- Jeugboek
- Tweedehandse boeke
Welkom by Kakkerlak Boekhandelaar. Dismiss