Tessa by die Therons / Elizabeth Stander

R55.00

Die derde kwartaal van Tessa se eerste jaar op hoërskool het sommer skeef begin: har pa moes onverwags weer vy sy werk oorsee gaan en haar tannie Miems wat sedert Tessa se mammie se afsterwe by hulle woon, moes plaas toe gaan om Tessa se ouma te gaan oppas. Die enigste genade was dat Tessa maar weer by vriende moes gaan bly.

Sy het gehoop dat sy by Ioné, haar boesemvriendinnetjie, kon gaan bly, want die klomp De Vaals het al soos haar eie familie gevoel. Maar haar pa het anders besluit en reeds reëlings getref dat sy by die Therons moes tuisgaan. Toekie Theron was ook ‘n goeie vriendinnetjie van Tessa en haar ma het uit haar eie aangebied dat Tessa daar moes kom bly.

Die terleurstelling was bitter groot, want veral Toekie se ouer suster Liza was ‘n uiters onaangename mens wat Tessa uit die begin laat voel het dat sy onwelkom is. En as Tessa moes geweet het dat sy nog by die Therons in ‘n juweldiefstal betrokke sou raak, sou sy seker nog minder uitgesien het na die kwartaal wat voorlê…

Out of stock

SKU: JEUG.NAK.002 Category:

Description

Uitgewer: JP van der Walt en seuns

Datum: Tweede druk 1973

Toestand: Hardeband met stofomslag ‘n prys op voorblad geskryf in koki, boekinhoud baie mooi en skoon, ‘n watervlek op slegs agterblad binne en buite, naam voorin met swart kokipen doodgetrek